Die opstel en ondertekening van ʼn huweliksvoorwaardekontrak moet versigtig benader word. Benewens die feit dat die inhoud feitelik korrek moet wees, moet al die nodige bepalings daarin vervat word om die kontrak geldig te maak. Indien daar versuim om ʼn huweliksvoorwaardekontrak op te stel, mag dit lei daartoe dat ʼn huwelik as binne gemeenskap van goedere beskou word, selfs al was dit nie die partye se bedoeling toe die kontrak gesluit was nie.

Prokureurs en Notarisse word vertrou met die opstelling van ʼn huweliksvoorwaardeskontrak. Dit is ‘n kontrak wat deur die betrokke partye onderteken word om die huweliksbedeling te reguleer. As ‘n paartjie nie ‘n huweliksvoorwaardeskontrak teken nie, sal die huweliksbedeling binne gemeenskap van goedere wees. ʼn Huweliksvoorwaardeskontrak wys daarop dat die huweliksbedeling buite gemeenskap van goedere is. Die partye moet dus spesifiek stipuleer of hulle die aanwasbedeling op hul huwelik van toepassing wil hê al dan nie.

Die saak van B v B, soos in die Appèlhof voorgekom, bespreek die belang van die nodige bepalings in ʼn huweliksvoorwaardeskontrak wat tot die sluit van ‘n geldige kontrak lei. In hierdie geval was daar geen bepalings gestipuleer ten opsigte van enige van die bates wat in die huweliksvoorwaardeskontrak uiteengesit is nie. Die bates was ook behoorlik geïdentifiseer nie. In B v B het die hof gestel dat indien die bepalings van ‘n kontrak so vaag en onsamehangend is, en dit onmoontlik is om ‘n sinvolle konstruksie daarvan te maak, moet die kontrak as nietig beskou word as gevolg van vaagheid.

Ingevolge artikel 6(1) van die Wet op Huweliksgoedere kan ‘n party tot ‘n voorgenome huwelik, wat nie die waarde in die kontrak uiteensit vir die doel om ʼn bewys te lewer van die bates van sy of haar boedel teen die tyd van die aanvang van die huwelik nie, dit binne ses maande van die sluiting van die huwelik in ‘n verklaring bevestig met behulp van ’n notaris. Ingevolge artikel 6 (4) van die Wet op Huweliksgoedere word die netto waarde van die boedel van ‘n gade as nul geag ten tye van die huwelik, indien die betrokke party nie die bewys betyds lewer nie. In effek is so ‘n kontrak geldig, maar dit sal beteken dat ʼn huwelik as binne gemeenskap van goederebeskou, aangesien daar niks van die oploping uitgesluit is nie.

As ‘n kontrak egter teenstrydig en onsamehangend is in ander opsigte, kan dit nie as ‘n geldige kontrak nie beskou word nie, aangesien daar geen sekerheid is oor die betekenis van die kontrak en wat die partye beoog om te bereik nie. Dit beteken dat die kontrak nie die Hof in staat stel om uitvoering te gee aan die bedoeling van die partye ten die tye van die sluiting van die kontrak nie.

Die gevolg van so ‘n kontrak is dat die huweliksvoorwaardeskontrak nietig verklaar sal word as gevolg van onsamehangendheid en dat die huweliksbedeling ingevolge die Wet op Huweliksgoedere in gemeenskap van goedere sal wees.

Partye word dus aangemoedig om hul huwelikskontrakte deeglik te lees en seker te maak dat hulle die bepalings daarvan verstaan en dat die kontrak hul bedoelings uitbeeld, sonder enige verdere verduidelikings of bewyse.

B v B (952/12) [2014] ZASCA 14 (24 Maart 2014)

Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X